Agriacademy hou gholfdag vir Dienssentrum

Die SA Agri Academy (SAAA) bied elke jaar ’n gholfdag by die Helderberg Village Gholfklub ten bate van ’n liefdadigheids-
organisasie aan. Vanjaar is die geleentheid op 23 Januarie aangebied en was ons kerk se Dienssentrum en Pêrel Projek die gelukkige ontvangers van ’n tjek van R20 000.

Die SAAA het R10 000 hiervan geskenk en die Gholfklub ’n verdere R10 000. Die SAAA het ook ’n verdere skenking van R1 000 per maand, gedoen, wat die totale donasie op R32 000 te staan laat kom het.

Dit was ’n wonderlike dag met ruim geleentheid om met die spelers en belangstellendes die aktiwiteite van die Dienssentrum en Pêrel Projek te kon deel.
- Corné Franken

Who Are We

The South African Agri Academy (SAAA) is a non-profit company, (reg. 2001/020837/08), providing training, capacity building... Read More.

Contact Us

  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  +27 (021) 880 1277
  +27 (021) 880 1274
  PO Box 11010, Jamestown, Stellenbosch, 7614, South Africa